School sportSchools

RAM se Superreeks iets besonder

Laerskool Randfontein het onlangs 'n Superreeks in netbal en rugby aangebied en uitstekend gevaar.

Laerskool Randfontein het onlangs hul opwindende Superreeks met groot sukses aangebied.

• Lees ook: Kleuters wys hul staal op die atletiekveld

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het gesê, “Die kameraadskap en sportmanskap tussen die skole was wonderlik. Ons het baie komplimente ontvang vir hierdie groot en suksesvolle dag.”

Die skole wat deelgeneem het, was laerskole Randfontein, Vryheidsmonument en Muldersdrif.

Die netbalspanne wat uitgestaan het, was die o10 dogters wat eerste geëindig het. Die o11 en o12 dogters het albei tweede geëindig en die o13 dogters derde in ‘n opwindende en gelykop wedstryd.

AJ Odendaal korrel pale toe.

Die rugbyspanne wat op die dag onoorwonne was, was die o10, o11 en tweede span. Die eerste span het met ‘n telling van 29–21 teen Vryheidsmonument gewen, maar het ongelukkig teen Muldersdrif verloor.

Elke Rammie-leerder het hul hart uitgespeel en ons is ongelooflik trots op ieder en elk,” het Annie gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle volgende aan die uitspeelwedstryde vir die Superreeks op 21 Maart sal deelneem.

• Lees ook: Karakterdag by RAM

Sy het afgesluit deur te sê, “Rammies gee om en dit is ons tema vanjaar. Dit was ook ‘n groot voorreg om No More Tears Animal Rescue deel te maak van die dag. Hulle doen ongelooflike werk in ons gemeenskap met diere wat siek is, mishandel en haweloos gelaat word. Ons daag ander besighede uit om vir hulle ook ‘n helpende hand te gee.”

RAM se Ilse Koen rek vir die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button