Schools
RAM-leerders mik hoog vir 2026
Met 2025 agter die rug beplan Laerskool Randfontein se leerders om 2026 die beste jaar nóg te maak.
Laerskool Randfontein se leerders het hul Nuwejaarswense vir 2026 gedeel.
Wihan Booysen hoop om sy verspring tot by die SA-kampioenskappe te neem. Hy wens ook vir ’n nuwe fiets en ’n spesiale horlosie.
Hindon Vosloo wil graag die eerste krieketspan haal, terwyl Louis Pfhal weer vir die eerste rugbyspan wil speel.
Miané Kloppers hoop om in 2026 meer met haar vierwielmotorfiets te ry én om in die eerste krieketspan te speel.
Bhenya Maseko droom ook daarvan om in die eerste rugbyspan te speel.
Bihan Potgieter wil graag deel wees van die padpatrollie, vir die eerste span in beide rugby en krieket speel, en selfs vir die Lions uitprobeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



