Opinion

Selfoon verkoopsvertenwoordigers maak ‘n oorlas

Dit is nou al die hoeveelste keer wat dit met my gebeur en elke keer sê ek vir dié verteenwoordigers dat ek nie belangstel nie.

• Pieter Coetzee van Randfontein skryf:

Ek het tans ‘n selfoon kontrak by MTN en is onglangs deur ‘n verteenwoordiger van CellC geskakel en vertel dat my nommer genomineer is vir een van hul nuwe pakette.

Dit is nou al die hoeveelste keer wat dit met my gebeur en elke keer sê ek vir dié verteenwoordigers dat ek nie belangstel nie.

Die feit dat die nommer wat hulle blykbaar genomineer het reeds aan ‘n kontrak verbind is, dui sekerlik daarop dat ek reeds ‘n kontrak het en waarskynlik nie nog een soek nie.

Ek weet nie waar selfoon diensverskaffers aan dié idee kom nie, maar as ons ‘n selfoon kontrak soek by een of ander diensverskaffer sal ons tog sekerlik met hulle in verbinding tree.

Is dit werklik nodig om mens tyding en ontydig te bel om een of ander spesiale offer aan ‘n mens af te smeer?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button