Opinion

Ontevredenheid teenoor munisipaliteit duur voort

"Die munisipaliteit het 'n houding van 'ons gee nie om oor julle probleme nie'."

Ek rig die skrywe ter ondersteuning van Chanté van Rensburg se brief Nothing being fixed wat onlangs in die herald gepubliseer is.

Die grootste probleem van haar drie klagtes is die stormwater-probleem. Dit is al vyf jaar gelede onder die aandag van Peter Mathebula – munisipale bestuurder van die departement van infrastruktuur – gebring.

Mathebula het al met twee geleenthede die probleem persoonlik ondersoek en het verskeie beloftes gemaak. Ongelukkig was dié beloftes leeg en sonder resultate.

Die water loop deur ons huise, motorhuise en selfs in ons swembaddens in, maar daar word steeds absoluut niks aan die saak gedoen nie.

Ek dink persoonlik die munisipaliteit het ‘n houding van ‘ons gee nie om oor julle probleme nie’ en dit is ook hoekom ons paaie so sleg lyk.

Tot en met die munisipaliteit nie die probleem positief aanpak nie, sal daar nie resultate kom nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button