Opinion

Strate rondom Rapportryer ‘n nagmerrie

"Elke dag moet ons as ouers so versigtig wees."

Oral in Randfontein is die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit besig om die paaie op te knap, maar steeds is die strate rondom veral Laerskool Rapportryer ‘n nagmerrie.

Elke dag moet ons as ouers so versigtig wees om nie ons voertuie te beskadig nie. Dit is byna onmoontlik om die verkeer, stilstaande voertuie en slaggate in die area te vermy wanneer mens die paaie gebruik. Die hoeveelheid slaggate in die area maak dit vir elke ouer onplesierig om hul kinders by die skool op en af te laai.

Kort voor lank gaan diĆ© slaggate ‘n groot ongeluk veroorsaak. Ek doen dus ‘n beroep op die munisipaliteit om die slaggate te herstel voor dit op ‘n noodlotige ongeluk uitloop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button