
Dit is skokkend om kennis te neem van die Randfontein Munisipalitiet wat nie in staat is om enorme skuld van etlike miljoene rande van verbruikers in te vorder nie.
Die ouditeur-generaal het die raad ‘n gekwalifiseerde verslag gegee wat aandui dat hulle nie bevoeg is om die skuld in te vorder nie. Hou op om die ANC te beskuldig en vra eerder wat die DA doen as amptelike opposisie?
Stemwerwing deur die DA deur marathonafstande met die voet af te lĂȘ, gee nie ‘n oplossing vir die probleem nie. Kandidaat raadslede moet eerder beoordeel word volgens hul bekwaamheidsvlak.
Die DA moet eerder ‘n voorbeeld van doeltreffende bestuur stel in plaas van stemwerwing. Doeltreffende bestuur is ‘n beter metode om stemme te werf.



