Opinion

Geluk aan Rappies-skoonhede

'Julle was beslis die hoogtepunt van my week'

Ek en my familie het onlangs Laerskool Rapportryer se skoonheidskompetisie saam met ‘n vriendin bygewoon.

Dit was vir my ‘n asemrowende ervaring en ons het elke oomblik daarvan geniet.

Ek haal my hoed af vir elke leerling van dié skool wat met durf en daad aan die Mnr en Mej Rappies skoonheidskompetisie deelgeneem het. Die klomp kleuters het my laat skaterlag en selfs ‘n traan laat pink.

Julle was beslis die hoogtepunt van my week en elkeen van dié deelnemers se ouers kan werklik trots wees op hul kinders se prestasies.

Ek wens ook die skool geluk met ‘n puik geleentheid. Die moeite wat julle gedoen het is merkwaardig en het beslis bygedra tot die sukses van die aand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button