Opinion

Ongeskikte vrouebestuurder

'Wat haar motief was weet ek nie'

Op Vrydagoggend 7 November ongeveer 6:30vm het ek in my motor vanuit Buitenstraat links in Stegmanstraat ingedraai.

Ongeveer 200 meter verder het ‘n persoon in ‘n motor (bussie) uit ‘n oprit aan die linkerkant agteruit reg voor my ingedraai.

Ek het gerem om die motor kans te gee om weg te trek. ‘n Entjie verder trap die persoon rem reg voor my. Twee, drie keer agter mekaar. Wat die bestuurder probeer doen het weet ek nie.

Ek besluit toe om die motor verby te steek maar net toe ek wou verbysteek sien ek dis ‘n vrou agter die stuur. Sy versnel toe sodat ek nie kon verbygaan nie. Toe ons by ‘n stopstraat stop, het ek vinnig weggetrek om haar verby te steek, maar weereens het sy versnel sodat ek nie kon verbygaan nie.

Wat haar motief was weet ek nie.

Ek wil die volgende vir haar sê: Jy is ‘n ongeskikte bestuurder en behoort nie so op te tree nie, veral nie op die pad nie. Jy kan bly wees dit was ek wat agter jou gery het; ek dink iemand anders sou jou van die pad af gedruk het en aangerand het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button