Opinion

Sondag nie die Sabbat van die Here nie

Na aanleiding van die brief van Rykie Viviers van Homelake net die volgende: Daar is aangehaal uit Jes 58:13 dat ons die Sabbat moet heilig hou. Ek stem 100 persent saam, maar dan moet ons die korrekte Sabbat hou. Hulle kan maar gerus die skou op Sondag besoek, omdat Sondag nie die Sabbat van die …

Na aanleiding van die brief van Rykie Viviers van Homelake net die volgende:

Daar is aangehaal uit Jes 58:13 dat ons die Sabbat moet heilig hou. Ek stem 100 persent saam, maar dan moet ons die korrekte Sabbat hou.

Hulle kan maar gerus die skou op Sondag besoek, omdat Sondag nie die Sabbat van die Here is nie.

Ons Here is op die sesde dag gekruisig naamlik Vrydag. Ons vier altyd die kruisiging op Goeie Vrydag. In Lukas 23:53-55 sê dit dat hulle hom toegedraai en in die graf gesit het. Ek haal nou aan uit vers 54: “…en dit was die dag van voorbereiding en die Sabbat wou aanbreek” en vers 56: “die vroue het salf voorberei en op die Sabbat gerus volgens die gebod”.

In Matt 5:17 sê Jesus: “Moenie dink dat ek gekom het om die wet en die profete te ontbind nie…..” dan in vers 19, “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemel”.

Ten slotte wil ek byvoeg dat ons nie ‘n dag kan heilig nie want ons is sondaars. Maar ons kan wel die dag wat God geseën en geheilig het ontheilig.

As ‘n deeglike studie gemaak word sal dit gevind word dat Sabaat nog altyd op die sewende dag was, dit wil sê Saterdag.

Christelike groete.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button