Boeremusiek enigiemand?
Dis weer sulke tyd. Tyd vir die Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde se naweekkamp by Koppisol van 6 tot 8 Maart. Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende kultuurorganisasie. Die Witwatersrand-tak dien die hele Oos- en Wes-Rand asook Sentraal Johannesburg, Heidelberg, Balfour, Villiers en aangrensende areas. Verdere inligting oor die naweekkamp: • Kom kamp in jou karavaan, tent, …

Dis weer sulke tyd.
Tyd vir die Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde se naweekkamp by Koppisol van 6 tot 8 Maart.
Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende kultuurorganisasie. Die Witwatersrand-tak dien die hele Oos- en Wes-Rand asook Sentraal Johannesburg, Heidelberg, Balfour, Villiers en aangrensende areas.
Verdere inligting oor die naweekkamp:
• Kom kamp in jou karavaan, tent, chalet of as dagbesoeker
• Spesiale kamp tariewe is beding vir almal
• Musikante begin reeds informeel speel die Vrydag tussen die karavane
• Funksie is Saterdag 7 Maart van 10vm tot 11.45nm
• Top jeug- en seniororkeste neem deel, maar alle musikante wat graag wil speel kan hul instrumente saam bring
• Verskeie wegneemetes te koop maar eie verversings ook welkom
• Navrae: Estelle by 016 556 1112 of Adriaan by 082 411 9983.



