Opinion

Wie bel jy in tye van nood? Polisie? Nee wat…

'Ja, gefrustreerd is ek met ons polisiediens' — inwoner.

In tye van nood, wie se naam duik op om eerste te bel buiten familie of vriende…. polisie?

Maar nee sopas is dit weer bevestig uit ondervinding sit maar eerder jou reaksie-eenheid se nommer op en as jy nie aan een behoort nie sluit aan, betaal eerder die maandelikse fooi want jy’t ‘n 24/7 nommer waarop jy kan staat maak.

My rede vir hierdie redenasie is heel eenvoudig. Die herald het ‘n hele ruk terug noodnommers uitgegee van ons sektorpolisie, hierdie is nommers wat veilig gebêre moet word want dis al wat jy hoef te gebruik in die geval van nood.

Wanneer laas is hierdie nommers hersien?

3/3/15 is ‘n paar van hierdie nommers geskakel (een se laat ‘n boodskap of die nommer werk net nie) vir ‘n netelige saak, persoon wat dronk is in Greenhills Laan en die gevaar dat hy voor motors kan instrompel (071 675 7095 , 071 675 7096).

Met ‘n gesukkel is ‘n konstabel gekry (let wel met die hulp van Tex sekuriteit), 5/3/2015 en ons wag nog steeds, wat sou gebeur het indien ons sou bel vir ‘n ernstiger geval? Ja gefrustreerd is ek met ons polisiediens, ek onthou hoeveel respek mense gehad het vir die manne en vroue in uniform, nou voel mens heel anders.

‘n Voorstel …. wat van ‘n dag wat gereël word om ons bevoegdheid van ons lede aan die publiek te wys, met bv fiksheid, teikenskiet, oproephantering, taal- en mensvaardigheid ens. (In weermag dae is juis hierdie kant gewys aan die publiek)

Kan dit nie weer ons as publiek se vertroue herstel en kinders met trotse oë laat kyk na ons manne en vroue wat wet en orde handhaaf nie.

As SA burgers verstaan ons dat wette ens ons mense in diens se werk nie altyd makliker maak nie, dat daar wel nog trotse manne en vroue in uniform is, wat hul lewens en hul gesinne se lewens daagliks in gevaar stel en dat die woordjie dankie te min gehoor word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button