Opinion

Knapgedaan Kaptein Appel Ernst

Wanneer gaan die plaaslike Munisipaliteit iets aan die heining doen?

U waarskuwing dat “geen ongemagtige persone daar geduld sal word nie” het die diewe in hul spore gestuit!!!! Dink u voorwaar dit sal enige dief afskrik?

Daar is al baie lank gate in die heining, baie lank geen hek by die ingang, geen krag, wagte sonder selfone!

Ek is bly die wagte het werk en kan na hulle families omsien – maar dit is ‘n verkwisting van my belastinggeld want behalwe dat hulle by ‘n heklose ingang sit is hulle magteloos om enige diewe te stuit. Wie bewaak/monitor die talle gate in die heining?

Wanneer gaan die plaaslike Munisipaliteit iets aan die heining doen?

Sit ‘n hoop van die herald met die betrokke berig ooral rondom Riebeeckmeer neer – dalk lees die diewe dit en skrik vir Kapt Ernst.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button