Opinion

Hoeveel keer moet mens dit nog rapporteer?

Wonder net hoeveel keer moet mens dit nog rapporteer voor daar iets aangedoen word?

Ek wil net graag weet, daar is so paar maande gelede ‘n artikel gewees in die Herald wat beweer het dat die munisipaliteit binne twee weke aandag skenk nadat ‘n slaggat gerapporteer is aan hulle.

Ek skakel nou al vir drie maande elke week die munisipaliteit en rapporteer die vieslike slaggate in Willemse str, Greenhills Ext 3. En al antwoord wat ek kry is “ ons sal dit rapporteer”.

Wonder net hoeveel keer moet mens dit nog rapporteer voor daar iets aangedoen word? Ons wat in daai straat en area bly moet daagliks daai pad meer as een maal gebruik , en moet al langs die “teerpad” op die grond ry om te voorkom dat ons voertuie nie skade kry nie.

Want ons munisipaliteit wat so trots in die Herald geplubiseer het dit word binne twee weke aandag aan gegee het tot nou toe nog niks aan die potholes in Willemse str gedoen nie.

Voorwaar ‘n munispaliteit op wie se woord ‘n mens kan staatmaak ne?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button