Tatoeëermerke u plaag
Kom dat ek jou na die Here toe lei, en jy gered kan word, dan sal jy ander mense ophou kritiseer.

Ek wonder wat skok jou so, Johan Smith.
Wat ander mense doen het niks met jou uit te waai nie. Ek wonder hoeveel dom dinge (soos jou brief) vang jy nie aan nie, of is jy dalk ‘n engel uit die hemel?
Ek glo nie, want dan sou jy nie so ‘n kritiek-gees gehad het wat ander mense ‘kommin’ verklaar nie.
As jy ‘n Bybel het (wat jy natuurlik nie lees nie) gaan lees Jakobus 4:11-12 (dit is agter in die Bybel). Volgens die skrif wat jy aanhaal wil dit vir my voorkom of jy nog onder die wet is en dus nog nie jou hart vir Jesus gegee het nie.
Kom dat ek jou na die Here toe lei, en jy gered kan word, dan sal jy ander mense ophou kritiseer.
Jy het seker al gehoor van eers die balk uit jou eie oog uithaal voor jy die splinter uit jou broer se oog wil uithaal.
Moenie teoloog probeer speel met jou skrifuitleg nie, jy is buite konteks.
Niemand forseer jou om ‘n tatoeëermerk op jou te sit nie, en niemand het jou toestemming nodig nie. Niemand kritiseer jou omdat jy nie ‘n tatoeëermerk op het nie, dit is elkeen se eie keuse.
As jy graag wil preek, kom sien my dan lei ek jou na die Here toe, en leer jou om ‘n siel na die Here toe te lei – dit is Bybels – nie om mense sleg te sê nie.
Dit behoort vir jou ‘n skok te wees dat jy dalk op pad hel toe is omdat jy Christus nog nie aangeneem het as jou persoonlike saligmaker nie.



