
Die twee oorlewende broers (ek en Jigis jr) van die ontslape Jigis Dickson, is onbetaalbare dank aan die gemeenskap van Toekomsrus verskuldig.
Sy klere-uitdeling op Sondag die 20 Maart 2016 het getuig van gemeenskapsbelangstelling in die opbeuringe en verliese van andere.
’n Skrifgedeelte het my dieplangs bygeval – Joh 19: Hulle’t my (Jesus) se klere onder mekaar verdeel … Almal wou ‘n aandekking van hom bekom!
Jigis, wat slegs ses maande vroëer sy tweelingbroer verloor het, het geleef onder engele en tussen duiwels.
Daarenteen was hy bemin onder die meerderheid weens sy gemeenskaplike behulpsaamheid teenoor alle mense.
Die tragiese brandongeluk waardeer hy aan sy brandwonde (90 persent) in die hospitaal beswyk het, het treurklanke deur die gemeenskap versprei. Jigis is heen op 28 November 2015.
Ons broerskind, Trudy Haywood van Trudy’s Nest het niks ontsien om die samekoms moontlik te maak nie.
Alle bywoners het ’n ete saam met die familie geniet en sy vriende, wat sy oorskot na sy rusplek gedra het, is almal weg met iets van hom in hul hande … en in hul harte.
Ons innige dank in alle bystand.



