Opinion

Pasop vir dié ‘dowe’

Baie dankie aan die sekuriteitswag wat my veilig gehou het.

Ek wil julle net laat weet dat ek op 17 Mei veilig gehou is deur ‘n sekuriteitswag by Randgate Spar.

‘n Man wat kamma doof is, het probeer om ‘n kaartjie aan my te verkoop, maar hy was baie mislik. Toe sê die sekuriteitswag die persoon moet loop want smouse of straatverkopers mag nie daar staan nie.

Die persoon loop toe oor die pad en begin skielik praat – kan julle dit glo?

Hy vloek toe sommer een van die karwagte en dreig hom met ‘n mes. Dit kon netsowel ek gewees het.

Gelukkig het die sekuriteits-ou vinnig gedink en nader gestap maar toe hardloop die persoon weg. Baie dankie aan hom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button