Doen tog iets omtrent die wit posbus
Dieselfde brief wat 'n maand gelede die bus verstop het, is nog net so in die gleuf.

Daar is ‘n klein wit posbus by die ander posbusse by die poskantoor.
‘n Maand gelede het ek ‘n posstuk in my posbus gekry wat verkeerd gesorteer is.
Ek wou dit in die wit ‘pos terug’-bussie gooi. Die posbus was egter verstop van al die pos daarin. Ek het die brief vir een van die kassiere gegee en gevra dat sy dit in die regte posbus sal laat sit.
Vrydag 17 Junie het ek weer gaan pos uithaal. Op die ingewing van die oomblik kyk ek toe na die wit posbus. Geen pos is verwyder nie.
Dieselfde brief wat ‘n maand gelede die bus verstop het, is nog net so in die gleuf en geen pos kan teruggepos word nie.
Ek weet die Poskantoor het soms maatskappye wat die werk doen, maar hulle kon seker werk maak van die probleem.
Wat van die Poskantoor se advertensies wat posaflewering waarborg? Ek dink daar is baie onafgelewerde posstukke in daai wit posbus.



