Lugbesoedeling: Mens en dier se gesondheid ly erg
Hoekom is niks al gedoen om die lugbesoedeling wat deesdae oor Randfontein hang aan te spreek nie.

Dit het onder my aandag gekom dat ‘n aantal inwoners ongelukkig is oor die lugbesoedeling in Randfontein.
My vraag is dus as volg. Hoekom is niks nog gedoen om aandag te gee aan die lugbesoedeling wat deesdae oor Randfontein hang nie?
Die meegaande foto is geplaas op die Help Channel WhatsApp-groep en na bewering word die vullishope 24/7 verbrand. Dit nogal naby Hoërskool Jan Viljoen.
Hoofpyn, sinus- en allergieprobleme is aan die toeneem in die dorp en dit het absoluut niks te doen met seisoenveranderinge nie. Homelake is uitgesonder as een van die uitbreidings wat veral snags erg deurloop onder die rook.
Dit is hoog tyd dat die lugbesoedeling onder die aandag gebring word van die korrekte owerheid in beheer van omgewingsake.
Mens en dier se gesondheid ly erg daaronder en niks word aan die saak gedoen nie.
Dis tyd dat die inwoners van Randfontein hul stemme dik maak rakende hierdie probleem. Kan ek asseblief ‘n versoek rig dat die Herald ingaan op hierdie saak en terugvoering gee aan die gemeenskap van Randfontein?
Dankie by byvoorbaat.
Vriendelike groete.



