
Vrydag 31 Augustus is die jaarlikse Mnr/ Mej Riebeeckrand aangebied, en wat ‘n asemrowende geleentheid.
Nie net het die seuns en meisies gelyk of hulle uit sprokiesboeke kom nie, die vertoning was van begin tot einde ‘n reuse sukses.
Die aand het afgeskop met ‘n openingstoneel wat mens laat hoendervleis kry het. Vanjaar se gaskunstenaar, Deon Groot was die beste wat die skool nog gehad het. Hy het definitief ‘n paar Randfonteiners se harte gewen.
So ‘n aand sou glad nie moontlik gewees het sonder dat iemand leiding neem nie. Mev Magda Venter, vir jou haal ek as ouer my hoed af. Elke jaar sorg jy vir ‘n vertoning wat ons net trots maak. Jy is en sal altyd die beste in ons meisies se oë bly.
Rierand, ons is trots.



