Opinion
Die nuwe SA – ‘wat dit ook al mag beteken’
Aangesien ek nie 'n rekening kry nie, skuld ek mos niks nie?

Regskenners, hiermee ‘n vraag aan julle.
Die vrotsige munisipaliteit stuur nie munisipale rekenings aan die belastingbetalers nie, ongeag of jy by hulle sisteem ingeskakel is of nie.
Aangesien ek nie ‘n rekening kry nie, skuld ek mos niks nie? Common sense sê ek bestaan mos nie, of hoe?
Dit is mos my volste reg om nie te betaal nie, want vir wat is die bedrag dan? En waar kom hulle daaraan?
Die woord ‘plig’ bestaan nie, want dit is hulle plig om rekeninge te verskaf. Dit is dus my plig om nie te betaal nie, of hoe?
Hou asb in gedagte dat ek in die nuwe Suid Afrika woon, wat dit ook al mag beteken!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



