Opinion

Toekies sit op ‘n elektrisiteitstydbom

Vanaf Plumstraat tot by Jacob's Tavern in Madeliefiestraat is die kabels reeds ooglopende kortgeknip en verwyder (gaan kyk gerus self).

Toekies sit op ‘n elektrisiteitstydbom weens geboogde, halfontkoppelde elektriese kabels teen byna alle geleidingspale tot die ontsteltenis van ouers wat besorg is oor straatspelende kinders.

Aan die stadsraad van Randfontein die volgende: Nota bene: Enige geskoolde, afgedankte werklose elektrisiën kan ‘n kabel sonder moeite verwyder en aan geldverskaffende skrootwerwe verkwansel, soos reeds sporadies die geval is. Die klaers verkies om anoniem en gesigloos te bly. Kundiges sal merk dat byna alle sagtestaal-seëlaars en aardgeleiers reeds verwyder is en dit lei tot skokgevalle oral heen.

Vanaf my neef Collin Dickson, orrelis van die omliggende Gereformeerde Kerk in Plumstraat tot by Jacob’s Tavern in Madeliefiestraat is die kabels reeds ooglopend kort geknip en verwyder (gaan kyk gerus self).

Bennie Pienaar, voormalige uitsmyter van die 925-nagklub het in afgryse kopskuddend na die kruipende tydbom gestaar en dit het die durf van ons bejaarde afgetrede juffrou Moekie Pienaar geverg om my aan my arm tot by die chaos voor haar deur te trek ten aanskoue (massiewe slaggate inkluis).

Reg agter ons juffrou kom die grootste onwettige stortingsterrein in Toekies voor en is ook die grondgebied van die Anglikaanse Kerk. Soveel vir ‘n rusverwagte aftrede deur die opvoedkundige moeder van ons almal. Ons het baie gely onder ‘n ‘beter lewe vir ons almal’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button