Opinion

Is Afrikaanssprekende mense nie deel van die land nie?

Ek doen 'n beroep op die Brigadier om meer sensitief te wees met die bemanning van hul polisiestasies.

‘n Ope brief aan die Brigadier van die Randfontein Polisie.

Op Donderdag 6 Desember 2018 was ek by die polisiestasie in Toekomsrus. ‘n Manlike en ‘n vrouepolisesiebeampte het die stasie beman. Hulle het my baie swak ontvang omdat ek Afrikaans gepraat het.

Ek verstaan dat dit nie moontlik is om in elke plek in die land Afrikaans te praat nie maar in ‘n gebied soos Toekomsrus waar nagenoeg 80 persent van die inwoners Afrikaanssprekend is, kan ‘n mens tog nie iemand by die polisiestasie plaas wat totaal en al nie Afrikaans verstaan nie. Net so kan ‘n mens nie iemand in Mohlakeng gaan sit wat net Afrikaans en Engels ken nie. Ek glo dit kan op konflik uitloop.

Ek wil net weet waarom die owerhede so onsensitief is, of is Afrikaanssprekende mense nie deel van die land nie? Die land het 11 amptelike tale waarvan Afrikaans een is.

Ek doen ‘n beroep op die Brigadier om meer sensitief te wees met die bemanning van hul polisiestasies. En terloops, die polisiestasie in Toekomsrus staan meeste van die tyd toe. Dis vir my asof die owerhede glad nie omgee nie. Hierdie boodskap is nie net vir die Brigadier nie, maar ook vir die regering en alle politieke partye, kerke en die media.

Ek dink hierdie instansie moet toesien dat hulle met alles wat hulle doen, bydra tot versoening en nasiebou.

By voorbaat dankie vir u versoenende bydrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button