Opinion

Wayne se selfdood onbegryplik

'Wayne het onbegryplik sy selfdood vergebeur en die gemeenskap probeer hiermee vrede maak.'

Bywoners van die begrafnis van myningenieur Wayne Pienaar het in verwondering na die hemelgewelf gestaar tydens die vrylating van wit duiwe wat uit hul kratte met vlerkgeklap oor sy sakkende kis, weswaarts oor sy amperse voltooide dubbelverdiepinghuis weggevlieg het (reg langs die begraafplaas) in onthulling van die profetiese geskrif: “Had ek maar die vlerke van ‘n duif … sou ek weggevlieg het”.

Wayne het onbegryplik sy selfdood vergebeur en die gemeenskap probeer hiermee vrede maak.

Die roubeklaers was deurentyd stil in aangryping teenoor die agtergrondmusiek waar die gewyde lied: You raise me up oor die luidsprekers gespeel het, onder die treurige weengeklank van sy ontneemde vrou, kinders en familielede.

Pastoor Elvis Battis van die Penticostal Holiness Kerk het tereg opgemerk dat die swaar donderbuiewolke wat in die lug gehang het deur Godsvoorsiening weerhou is sodat die seremonie afgerond kon word.

Die musiek het voortgespeel, die manne het geesdriftig begin toegooi en huiswaarts het die druppels liggies begin uitsak. Dit het byna konsternasie veroorsaak by die verversingstent waar ‘ou’ Wayne se mansvriende self waargeneem het om die massas liggaamlik te versterk. Wat skud Wayne? (Binne taalverband.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button