Opinion

Waar is die verkeerspolisie en basiese padreëls?

Ek wens maar net mense kan saamstaan sodat iets hieraan gedoen kan word; of gaan ons wag tot nog mense verongeluk?

Aangaande die plotte op pad Carletonville toe die volgende …

Die karre ry almal bo die spoedperk. Karre is nie padwaardig nie, bestuurders ry onder die invloed en motorfietsryers ry sonder valhelms. Mense verongeluk op die pad.

Ons het al twee bande verloor weens slaggate op die pad. Ek volg padreëls, maar ander doen dit nie. Ons kla en kla, maar daar word niks aan die toestand van die paaie of motoriste se gedrag op die paaie gedoen nie.

Ons is belastingbetalers, maar hier is nie dienslewering nie.

Ek is teleurgesteld in die dorp.

Ek wens maar net mense kan saamstaan sodat iets hieraan gedoen kan word; of gaan ons wag tot nog mense verongeluk?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button