Die tannie wil my nie los nie
Haar dood kierang-kierang ons totdat ons weer 'n knop in die keel kry.

Debbie Pienaar se moeder, Aunt Poppie, die sorgsame moeder van ons almal, het na vele lyding die wurggreep op haar wandelstaf laat vaar en meegegee.
Aunt Poppie het onder versorging baie gely en nes die weg van alle vlees, het haar dag verdwyn …
Na die dood van haar man, die saggesproke *Uncle Leonard, het die dood haar in ‘n afloswedloop slypgewys ingehaal.
‘n Gemeenskap ween en almal deel dieselfde sentimente:
Die Here het wel gegee en tydsaam in verlossing geneem. Haar dood kierang-kierang ons totdat ons weer ‘n knop in die keel kry.
As sorgouer van vele werklose skropsoekers is sy onvervangbaar … Jou pennies sou jy kry hetsy ‘n broodjie of ‘n koppie tee, onder die vermaning: ‘Eet eers dat jy kan krag kry’.
Die uitloopsels van haar bestaan is vredeliewende mense (*ou Bones-hulle).
Ons moeder! Ons moeder! Wa van die gemeenskap en hul ruiters. Die tannie wil my nie los nie. “Kô, lat ons sing.”



