BRIEF: Uiteindelik ‘n jeugsentrum in Toekies
Daar bestaan dus geen verskoning meer vir rondsittende jeugdiges en slegs aanmelding word vereis, sê inwoner.
• Desmond Dickson skryf:
Die Departement van Tegnologie en Energie het in samewerking met die Rand-Wes Munisipaliteit helaas ooreengekom om die leëstaande kleinsakegebou in Oranjestraat in ‘n jeugsentrum vir voornemende ambagsmense te omskep.
Daar bestaan dus geen verskoning meer vir rondsittende jeugdiges en slegs aanmelding word vereis. ‘n Uitgetrede kundige sweiser en masjinis is al ‘n geruime tyd diep gegrief rondom die onbenutte struktuur wat gedreig het om in ‘n wit olifant te ontaard.
Intussen het iemand in Goudstraat onder maatskaplike ontwikkeling ‘n voedingskema ‘Unity of Love’, waar voedsel Dinsdae en Vrydae aan plus-sestigers voorsien word, in die lewe geroep.
Vele hulpbystand kan hier deur gemeenskapbesorgdes aangebied word ter wille van gemeenskapbou. Dink bv aan die vrywilligers by ons openbare voorsiene instansies.
Goedgesinde bevoorregtes word genooi om niebenodigde oefentoerusting en selfs ‘n ruim tent aan die bejaardes te voorsien aangesien ons huidiglik in die openbaar op die grasperk van die inwoner in Goudstraat vergader.
Ons woordvoerder Lilly Erasmus het gesweer dat geen onbeskofdheid deur sorggewers teenoor bejaardes verduur sal word nie en sodaniges sal summier onder sensuur geplaas word.
Ons groei nou weekliks in ledetal sonder enige rassediskriminasie of verwyt.



