BRIEF: Hoekom die veranderde gedrag?
Na 'n week by ons het ons haar (teefhond) laat steriliseer en noudat sy beter raak grom sy vir my. Is dit net tydelik van aard? – inwoner.
• Hester Matthee skryf:
Ek wil die volgende interessante voorval noem en ook graag inligting daaromtrent hê.
Ons het ‘n teef aangeneem wat eers by hawelose mense was. Sy is eintlik pragtig en het baie goed ingepas en geëet en was vriendelik.
Na ‘n week by ons het ons haar laat steriliseer en noudat sy beter raak grom sy vir my. Ek mag nie naby haar kom nie. Ek het haar geneem vir die operasie.
Lees ook: COLUMN: Take note of your dogs’ health
Sy wil ook nie meer eet nie en as ons haar kosbakke buite neersit, tel sy dit op en wil dit in die huis indra. As ons kosbakke in ‘n mandjie sit dop sy dit om. Sy het ook die duvet in die hondehok wat buite staan heeltemal stukkend geskeur.
Is dit net tydelik van aard?
Hoekom die veranderde gedrag?



