Opinion

BRIEF: ‘Met liefde aan my man’

'Wat ‘n voorreg om ‘n vriend van jou te mag wees. Baie geluk met jou verjaarsdag … man van God.' – vrou aan haar man.

• Corrie van Loggerenberg skryf:

Aan Jannie van Loggerenberg.

Die wind het gaan lê en die byt in die lug het weggedraai en soveel sagte warm met wydoop arms uitgedeel. Orals is Moeder Natuur besig om mooi te maak en sy kry dit so goed reg. Bloeisels maak plek vir blare en aan soveel takkies is die eerste vrug sigbaar. Dis September-maand en jy verjaar.

Wanneer jy in ‘n vertrek instap laat jy die wind gaan lê sonder woorde en bring jou vredemens bedaring aan die storm; jou menswees altyd besig om alles rondom jou mooi te maak. En hoe jy ook al die boom vind sal jy nie omdraai … voordat jy vrug sien nie!

Met jou koms word selfs die koudste vertrek saggies warm deur jou naby wees. Dankie vir die voorreg om jou nie alleen te mag ken nie, maar saam met jou te mag loop.

Om selfs saam met jou aan die tafel te mag sit en dikwels die stem van Vaderse onvoorwaarlike liefde deur jou te mag hoor. Om die heerlikheid van Sy teenwoordigheid saam met jou te mag ervaar.

Vandag (12 September) klee ons jou om jou te herinner dat dit wat Vader binne in jou gesit het alleen gestalte kry omdat Hy die een is wat jou borsmaat ken wat weet dat daar geen selfverheffing binne jou leef nie ‘and that you’re just the container of His immeasurable grace…’ herinner ons jou dat Hy jou klee met Sy Geregtigheid, en wanneer jy na jouself in die spieël kyk jy die beeld van Sy Beeld en gelykenis van Sy Gelykenis sal sien.

Mag Sy son van regverdigheid warm oor die dae van hierdie jaar van jou lewe skyn en Sy voorsiening jou beklee soos Salomo van ouds en die rapport van Sy goedheid in jou lewe konings en koninginne na Hom toe laat kom!

Wat ‘n voorreg om ‘n vriend van jou te mag wees.

Baie geluk met jou verjaarsdag … man van God.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button