LettersOpinion

OPINIE: Ek verklaar R’fontein tot niet

Inwoner skryf oor sy ongelukkigheid oor hoe die dorp lyk en wat hy beskryf as in 'n skokkende toestand. Hy het ook 'n suur ervaring gehad by die lisensiekantore.

• Johan Venter van Greenhills skryf:

Dit is alom bekend dat Randfontein totaal verval. Daar is net slaggate, geen water of elektrisiteit en riool oral.

Ek is na ons lisensiekantore om my voertuiglisensie te hernu. Dit was vir my ‘n groot skok om te sien hoe lyk dit om die kantore. Die gras is ‘n meter plus lank en oral lê rommel. Die hekke is toe en ‘n mens moet buite parkeer waar daar baie ongure karakters is wat geld wil hê. Binne lyk dit net so sleg, oral lê papiere en ou lêers rond. Dit is absoluut morsig.

By die navrae was niemand nie. Na ongeveer 15 minute sê ‘n wag ek moet na ‘n ander toonbank gaan waar die klerk ongeskik en nie baie lus was vir werk nie. Hy het my darem ‘n vorm gegee wat ek moet voltooi. Groot was my verbasing toe hy my meedeel hulle kan my nie help nie ek moet poskantoor toe gaan vir die hernuwing van my lisensie.

Dit is absoluut skokkend hoe vuil en deurmekaar dit daar is.

Nog ‘n teken dat Randfontein vervalle is en tot niet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button