Hein se atlete is tops
Agt van Hein Maré se top landloop atlete wys hul staal tydens die Gauteng Landloop Kampioenskappe.
Hein Maré spog weer vanjaar met agt atlete wat aan die Gauteng Skole Landloop Kampioenskappe deelgeneem het.
Hein is al vir jare betrokke by atletiek afrigting en spog jaarliks met groot sukses.
Die agt atlete wat aan die Gauteng Skole Landloop Kampioenskape deelgeneem het is Lizerie en Ezra Ferreira, Liza Kellerman, Claudia Herbst, Bianca du Toit, Sandra Wijtenburg, Chrizani Smit en Monique Crafford.
“Elkeen van dié atlete het baie goed gevaar tydens die kampioenskappe, maar slegs Lizerie Ferreira is in die Gauteng Landloopspan opgeneem,” vertel Hein.
Hy vertel verder dat die Gauteng Skole Landloop Kampioenskappe op 30 Augustus by Ruimsig Atletiek stadion plaasgevind het.
Behalwe vir die atlete wat aan die skole kampioenskappe deelgeneem het, het dié groep atlete op 7 September aan Atletiek Suid-Africa se Landloop Kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
“My atlete het ook puik tydens die byeenkoms gevaar. Ek is werklik trots op elkeen van hulle en wens hulle alle sterkte toe vir die wedlope wat voorlê,” vertel Hein.



