Hengelklub maak geskiedenis by Bloemhof dam
Suikerbos Harriers Hengelklub maak geskiedenis tydens hul besoek aan Bloemhof Dam.
Klublede van Suikerbos Harriers Hengelklub het tydens hul maandelikse hengelkompetisie geskiedenis by Bloemhof dam gemaak.
Dié klub het op 2 November by Bloemhof Plaas aan ‘n dagkompetisie deelgeneem en die visse een na die ander uitgetrek.
Tydens die geleentheid het daar 38 hengelaars deelgeneem en ‘n totaal van 943 visse is gevang.
Dié groot getal visse het ‘n totale gewig van 1481,5 kilogram geweeg.
Met die groot getal visse wat die klub tydens die kompetisie gevang het, breek hulle ook die rekord vir meeste visse en totale beste gewig in een dag gevang.
Die kompetisie het weereens in verskillende kategorië plaasgevind.
Dié afdelings was Senior Mans, Meesters, Vroue, Juniors en Penkoppe.
Tydens die kompetisie is daar ook verskillende kategorië waarin elke afdeling delgeneem het.
Dié kategorië is vir die grootste vis en vir die hengelaar met die meeste vis.
Onder andere, het Tiaan Fouchè die grootste baber vir die dag gevang.
Die baber het 9,04 kilogram geweeg.
Die grootste karp in die Vroueafdeling, is deur Christa Schmücker gevang.
Die karp het op 4,745 kilogram ingeweeg en die swaarste sak vis vir die dag, is deur deur Pierre Cronjè in die Senior Mans Afdeling gevang.
Die sak vis het 99,6 kilogram geweeg.



