Local sportSport

Greenhills Ringbalklub vol SA-talent

Meer as 30 spelers en talle afrigters haal verskeie SA-spanne.

Lede van die Greenhills Ringbalklub se uitstaande vertoning tydens die Suid-Afrikaanse Ringbal Kampioenskappe by Brandwagskool in Nelspruit het vrugte afgewerp.

Meer as 30 spelers het verskeie SA- en uitnodigingspanne gehaal terwyl ‘n handvol afrigters ook vir hul harde werk beloon is.

Voorsitter van Greenhills Ringbalklub, Fred Page het bevestig, “Ons spog vanjaar met 16 juniors in die span naamlik Shiane Visagie, Chantel de Wet, Chane Pieterse, Christine Facius, Shaun Grobler, Melissa Page, Demi mac Vay, Chanel Engelbrecht en Zhuan-Pierre Naudé.

“Verder is Megan Engelbrecht, Twanette Stander, Brittany Swart, Tiaan Scheepers, Bea Scheepers, Werner Barnard en Roland Coutts, Carina Bence, Willie Nysschen, Lollo Grobler, Chantell de Wet en Natasha mac Vay in die Suid-Afrikaanse Uitnodigingspan opgeneem. Daar was ook van Randfontein se senior spelers soos Juan-Roux van Zyl, Shaun Grobler en Angelique Mare wat vir die Suid-Afrikaanse spanne gekies is,” vertel Page.

Greenhills Ringbalklub spog ook met talle spelers wat as die kaptein vir hul onderskeie spanne aangewys is. Hulle is Megan Engelbrecht (SA o.11-uitnodigingspan); Twanette Stander (o.13-uitnodigingspan) en Zhuan-Pierre Naude (o.17-SA nasionale span).

“Daar is ook tydens dié toernooi SA Spanbestuurders aangewys en ook hier het Greenhills uitblinkers gehad,” vertel Page.

Neeltje Nysschen en Retha Naudé is as die SA-uitnodigingspan se bestuurders aangewys, terwyl Madelyn Appelcryn die taak van bestuurder van die SA nasionale span opgelê is. Hendrien Bothma, ‘n skeidsregter van Greenhills, is ook as SA Uitnodigingskeidsregter gekies.

Page wens elkeen van dié spelers, skeidsregters en spanbestuurders baie geluk met hul prestasies en wens ook elke spelers sterkte toe met die kragmetings wat vir hulle voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button