Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Barend Beyleveld

Randfontein Rugbyklub se onderkaptein en agsteman van die eerste span stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Barend Beyleveld, beter bekend as Bennie, is die trotse onderkaptein van Randfontein Rugbyklub se eerste span.

Die 27-jarige speel agsteman en draf al ses jaar uit in ‘n Teine-trui.

Op die ouderdom van nege het Bennie sy volle potensiaal op die rugbyveld begin uitleef. Hy het verskeie sportsoorte beproef, maar verduidelik dat rugby die sport is wat hy die meeste geniet. Nadat Bennie sy eerste paar tokse aangepas en sy eerste wedstryd gewen het, het hy ‘n liefde vir die sport gekweek.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Janco Tiedt

Bennie het verder uitgebrei oor sy prestasies. Hy is trots daarop dat hy gekies was om in die Goue Leeus-amateurspan te speel en dat hy die titel as Teine se Speler van die Jaar en Sportman van die Jaar verwerf het.

Sy rolmodel is die yster Springbok-agsteman met twee Wêreldbeker-titels agter sy naam, Duane Vermeulen, ook bekend as Thor.

“Rugby is ‘n ongelooflike en unieke sport. Daar is ‘n verskeidenheid posisies wat mens kan speel en daarom moet jy seker maak dat jy in daardie posisie jou kant bring en ‘n impak maak. Die sport vereis dat individue saam werk en daarom is dit ‘n spanpoging,” het Bennie vertel.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Christo van Emmenis

Bennie en sy spanmaats se doelwit is dus om die Pirates Groot Uitdaag-reeks te wen. Hulle beplan ook om die Gold Cup te wen.

Rugby is vir Bennie ‘n geleentheid om weg te breek van realiteit en om sy familie trots te maak.

Hy verwys graag na Fillipense 4 vers 13 wat lees, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Bennie vertel dat hy op ‘n daaglikse basis die vers toepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button