Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Louis Smit

Randfontein Rugbyklub se regtervleuel stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Louis Smit is die eerste span van Randfontein Rugbyklub se ander uitblinkervleul.

Die 20-jarige sê hy speel die sport sedert hy in die kleuterskool was. Op hoërskool het hy egter die sport eers ernstig begin opneem en verduidelik verder dat sy hoërskoolafrigters hom tot sy volle potensiaal ontwikkel het. Vanjaar sal Louis se tweede jaar by die klub wees.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Itu Mpete

Louise het sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Jan Viljoen voltooi. Hy het in sy laaste skooljaar vir die skool se eerste span uitgedraf. Intussen het hy ook die Goue Leeus tydens die inter-provinsiale toernooi verteenwoordig.

Oor die langtermyn wil hy ‘n lojale Teine-speler wees en ‘n pad stap met die klub.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Barend Beyleveld

Sy grootste rolmodel is sy pa.

Gevra wat rugby vir hom beteken het Louis gesê dit is ‘n kans om weg te breek van die besige lewe en homself uit te leef. In sy vrye tyd spandeer hy graag tyd saam met sy geliefdes.

“As jy die pyp wil rook, hou die pot aan die kook. Jy moet elke dag opstaan met ‘n doel en jy moet hard werk vir wat jy wil bereik. Wanneer jy jou kop neer lê in die aand moet jy tevrede wees met jou prestasies,” het Louis vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button