Zaayman, Casis en o.15’s maak Randfontein trots by NAS-toernooi
Die o.15-span van Randfontein Krieketklub het groot trots huis toe gebring toe hulle as naaswenners van die NAS-toernooi aangewys is.
Randfontein Krieketklub se o.15’s is vanjaar naaswenners by die onlangse New Africa Sport (NAS)-toernooi.
Juanrey Zaayman is boonop as Speler van die Reeks gekroon nadat hy met die titels van Kolwer van die Week asook Bouler van die Week wegstap. Met die kolf het hy 509 lopies gemoker en 12 paaltjies geneem. Hy is ook vier keer as mees waardevolle speler (MVP) aangewys.

‘n Ander hoogtepunt was Lincoln Casis se uitsonderlike prestasie. Hy het vierde in die Top Presteerders van die reeks geëindig.
“Hierdie prestasies wys dat talent, harde werk en spanpoging altyd beloon word. Die gemeenskap wag nou al gretig om te sien wat hierdie jong sterre volgende gaan bereik. Die span se harde werk en vasberadenheid het regdeur die reeks gewys en het tot groot trots vir hul klub en gemeenskap gelei,” het klubwoordvoerder Marsha Coetzer uitgedruk.



