Jong krieketsterre deel hul trots oor onlangse prestasie
Twee junior spelers se harde werk is beloon toe hulle onlangs vir die Lions-span gekies is.
Twee van Randfontein Krieketklub se junior lede, Jimmy Reynolds en James Naidoo, het onlangs die Lions-span gehaal.
“Ek is baie bly en trots! Ek het regtig hard geoefen, so dit voel baie lekker om in die span te wees. Dis soos ’n droom wat waar word!” het James het oor sy prestasie vertel.
Hy oefen gereeld saam met sy pa, wat hom motiveer en ondersteun. Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor sy afrigters wat altyd agter hom staan, hom leer en help om die sport te geniet. Verder het hy sy familie bedank wat altyd kom kyk hoe hy speel en hom aanmoedig.
• Lees ook: Capped and crushing it: Randfontein dominates Wanderers by 150 runs
Aan ander jong spelers het hy dié raad gegee:
“Moet nooit opgee nie! Hou aan oefen, luister na jou ouers en afrigters, en gee altyd jou beste. En onthou om dit te geniet – krieket is lekker!”
Jimmy se pa, Jimmy Senior, het gesê hy sal ander aanraai om hard te werk, ‘want harde werk word altyd beloon’.
James het bygevoeg dat hy aanhou oefen en sy spel wil verbeter. Sy doel is om goed te presteer in die Lions-span en eendag Suid-Afrika te verteenwoordig.
Jimmy Senior het afgesluit deur te sê dat hul volgende toernooi aan die einde van November plaasvind.



