Randfontein Krieketklub vier groot seisoen in styl
Randfontein Krieketklub het ’n spog gala-aand gehou waar die nuwe bestuur aangekondig is en ’n lang lys top spelers vir ’n suksesvolle seisoen vereer is.
Randfontein Krieketklub het verlede maand ’n spog gala-aand in Tarlton aangebied waar spelers, ondersteuners en families saam ’n suksesvolle seisoen gevier het.
Die aand het die klub se jaarlikse algemene vergadering, senior prysuitdeling en die JoziCup-toerustingoorhandiging ingesluit.
Volgens Yolanda Klop Zaayman, sekretaresse van die klub, was die geleentheid ’n viering van harde werk, toewyding en die groei van die klub.
Een van die hoogtepunte was die verkiesing van ’n nuwe uitvoerende komitee.
LEES OOK: Tournament highlights rising boxing stars
Die nuwe bestuur bestaan uit:
• Voorsitter: Jimmy Reynolds
• Ondervoorsitter: Tertius Botha
• Direkteur van Krieket: Jaco Viljoen
• Tesourier: Reese Woodcock
• Sekretaresse: Yolanda Klop Zaayman
Die klub het ook hul JoziCup Capping gehou, waar 99 spelers in agt spanne aangekondig is wat op 10 Mei met die groot toernooi begin het.
Volgens Yolanda was hierdie jaar besonder spesiaal aangesien dit die eerste keer in die klub se geskiedenis is dat twee dogterspanne aan die klub-liga JoziCup deelneem.
“Ons is ongelooflik trots daarop om vrouekrieket verder te ontwikkel en meer geleenthede vir jong meisies in krieket te skep,” het sy gesê.
Meer as 300 mense het die geleentheid bygewoon, en die klub het sy dank uitgespreek teenoor lede, ondersteuners en families vir hul voortdurende ondersteuning.
“Die aand het nie net gegaan oor trofeë en prestasies nie, maar ook oor die sterk familiegees en passie vir krieket wat die klub so besonders maak,” het Yolanda bygevoeg.
Die volgende spelers is vereer vir ‘n uitstekende seisoen op die veld

Senior prysuitdeling:
Algehele Speler van die Jaar: Riaan Delport en Juanrey Zaayman (gesamentlik)
Algehele Kolwer van die Jaar: Riaan Delport
Algehele Bouler van die Jaar: Juanrey Zaayman en Drew Phillips (gesamentlik)
Premierliga – eerste span
Beste Kolwer – Cornè Aldridge
Beste Bouler – Juanrey Zaayman
Speler van die Jaar – Juanrey Zaayman
Presidentliga – tweede span
Beste Kolwer – Theunis Nel
Beste Bouler – Drew Phillips
Speler van die Jaar – Theunis Nel
JoziCup-veterane – 2025
Beste Kolwer – Hansie Steyn
Beste Bouler – Danie Button
Speler van die Jaar – Jaco Viljoen
Macrocomm-liga T20
Beste Kolwer – Ricardo Duxbury
Beste Bouler – Danie Button
Speler van die Jaar – Riaan Delport

SA2
Beste Kolwer – Herhanco Pieterse-Kok
Beste Bouler – John van Rensburg
Speler van die Jaar – Juanrey Zaayman
Veterane Central Gauteng Lions (CGL)-liga
Beste Kolwer – DG Fourie
Beste Bouler – Danie Button
Speler van die Jaar – Jimmy Reynolds
SU4
Beste Kolwer – Hansie Steyn
Beste Bouler – Vernon Ras
Speler van die Jaar – Hansie Steyn

SU6
Beste Kolwer – Marc Middleton
Beste Bouler – Brian du Plooy
Speler van die Jaar – Pieter Bredenhann
Spesiale toekenning
Mees Bevorderde Speler: Juanrey Zaayman



