Local sport

Liefdadigheidsgholfdag bring Wes-Rand saam

'n Plaaslike liefdadigheidsgholfdag het, ondanks reën en koue, 164 spelers by die Krugersdorp Gholfbaan gelok vir ’n dag van gholf, netwerkbou en gemeenskapsgees.

Die gees was hoog tydens Mapogo A Mathamaga se liefdadigheidsgholfdag wat onlangs by die Krugersdorp Gholfbaan aangebied is.

David Reid in aksie. Foto ingestuur. 

Altesaam 164 spelers het aan die dag deelgeneem. Volgens die organiseerder, Carike van der Merwe, het die geleentheid daarop gefokus om verhoudings tussen mense en plaaslike besighede te versterk, terwyl daar terselfdertyd iets positiefs vir die gemeenskap gedoen word.

LEES OOK: Randfontein first team crushes UJ in thriller

“Dit was ’n geleentheid om netwerke te versterk, nuwe verhoudings te vorm en plaaslike ondernemings blootstelling te gee. Deur samewerking en deelname het ons ook fondse en ondersteuning ingesamel om terug te ploeg in die gemeenskap en ’n verskil te maak waar dit nodig is,” het sy gesê.

‘n Speler mik vir die setperk. Foto ingestuur. 

Vir Carike was die hoogtepunt van die dag die funksie ná die gholf. Ondanks die lang dag van reën en koue weer het deelnemers steeds saamgestaan en die aand geniet.

“Die veiling was ’n groot sukses en het gewys hoe mense hul harte oopgemaak het om by te dra en ’n verskil te maak. Die ondersteuning, samehorigheid en vrygewigheid van almal het die dag werklik besonders gemaak.”

Antonio Abreld in aksie. Foto ingestuur. 
Danielle Riekert en Ashton-Lee Delport by die gholfdag. Foto ingestuur. 

Die fondse wat tydens die dag ingesamel is, sal aan verskeie plaaslike organisasies geskenk word, insluitend skole in die Wes-Rand, ’n plaaslike kinderhuis en ’n voedingskema.

“Die gees op die dag was ongelooflik positief en opbouend. Almal het met entoesiasme deelgeneem en mekaar ondersteun. Mense het saam gelag, netwerke gebou en hul ondersteuning gewys, wat ’n warm en verwelkomende atmosfeer geskep het deur die hele dag en aand,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.

Related Articles

Back to top button