Local newsNews

Brand verwoes koppie

Die Bronberg-area het groot skade gelei na 'n onbeheerde vuur weggehardloop het.

Altesaam vyf hektar bos het tot as verbrand in die Bronbergkoppies, oos van Solomon Mahlanguweg nadat ’n inwoner wie se grond grens aan dié bewaringsgebied, ’n voorbrand wou maak.

Die brand het as gevolg van die wind en die uiters droë toestande buite beheer geraak. Dit het brandweerpersoneel bykans vyf ure geneem om die brand onder beheer te bring. Die brandweer kon daarin slaag om die brand te keer voor dit Zeeruststraat kon bereik en moontlik huise kon beskadig.

Tshwane metro nooddienste se woordvoerder, Johan Pieterse, het ’n beroep op Pretoria inwoners gedoen om te sorg dat oop vure te alle tye beheer word om te verhoed dat dit tydens die huidige droë weersomstandighede kan lei tot weghol brande.

“Dit is ongelooflik hartseer want hierdie area huisves rooibokkies en zebras,” het raadslid Karen Meyer aan Rekord gese. “Ons is baie dankbaar vir die brandweerpersoneel wat so vasberade die brand geblus het voordat dit die nabygeleë huise kon beskadig,”

Sy het egter haar kommer uitgespreek oor die groeiende tendens van onwettige rommelstorting aan die noordekant van die koppie. “Dit blyk dat die Bronberg gebruik word as ‘n stortingsterrein wat dit gevaarlik vir die wild daar maak en rommel soos plastiek brande verder en vinniger kan aanhits.

Ons vra dat mense wat sien as daar stortings plaasvind, dit onmiddellik aan die metropolisie sal rapporteer,” het Meyer bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button