Local newsMunicipalNews

Hermanstad sonder water

Hermanstad inwoners het geen idee gehad hoekom hulle sonder water sit nie aangesien hulle rekeninge ten volle betaal is.

Verskeie inwoners in Caledonstraat in Hermanstad was verlede week vir byna sewe dae sonder water. Die inwoners het geen idee gehad hoekom hulle sonder water sit nie aangesien hulle rekeninge ten volle betaal is.

Lynnette Venter is een van dié inwoners en sy het aan Rekord verduidelik mense moes ‘n plan maak om water te kry.

“Ons was van Vrydag af sonder water. Ons rekenings is nie agterstallig nie. Daar was ‘n gebarste pyp in die straat. Die pyp is herstel, maar daarna was ons steeds sonder water en ons verstaan nie hoekom nie.”

Die Tshwane metro is gekontak oor die saak, maar hulle het na bewering nie onmiddelik aandag aan die probleem gegee nie. Venter het Maandag aan Rekord bevestig dat daar darem weer water was en dat die pyp herstel is. Volgens die Tshwane metro is die gebarste pyp in Caledonstraat op Vrydag, 27 September, na-ure aangemeld. Die lek is onmiddellik deur die loodgieter op bystand besoek. Hy het egter bevind dat die lekkasie plaasgevind het op die ou hoofpypleiding.

Hy het bygevoeg dat net twee dienste deur die installering van die nuwe hooflyn in Caledonstraat geraak is.

Die Tshwane metro het om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button