CrimeEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Rooi ballonne vir die bewusmaking van die geweld in die land

Die tientalle betogers het met rooi ballonne deur die strate van Pretoria tot by die Uniegebou gestap vir die bewusmaking van die geweld in die land.

Bekendes en minder bekendes het Donderdag saamgetrek met rooi ballonne om hul stemme dik te maak teen die geweld teen wit Suid-Afrikaners.

As deel van Rooi Oktober bewusmakingmaand het betogers verlede Donderdagoggend by die Pretoria Kunsmuseum saamgetrek.

Mense het in rooi bymekaar gekom en saam met bekendes soos Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en Manie Jackson geprotesteer.

Die tientalle betogers het met rooi ballonne deur die strate van Pretoria tot by die Uniegebou gestap vir die bewusmaking van die geweld in die land. Daar is ‘n memorandum aan die presidensie oorhandig.

“Ons betoog vandag omdat meer as 18 000 mense elke jaar in die land vermoor word. Sowat 17 witmense word maandeliks vermoor. Ons is nie verregs of rassisties nie. Ons dring net aan op dieselfde regte as die res van die land,” het Sunette Bridges oor die doel van die staptog gesê.

Nana Abrie het 13 kennisse wat hulle lewe verloor het as gevolg van geweld se name op vier rooi ballonne geskryf en saamgestap om beswaar te maak.

“Ek stap vandag omdat ek moedeloos is op die moord op ons volk. As ons saam opstaan vir ons volk, sal ons ‘n verskil kan maak. Ek stap ook vir ‘n plek in hierdie land vir my kinders en hulle kinders.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button