Local newsMunicipalNews

Vuil rivier water laat visse doodgaan

Die besoedelde water in die Hennopsrivier het veroorsaak dat visse doodgegaan het.

Honderde visse het verlede week in die Hennopsrivier gevrek nadat massas swart, olierige water in dié rivier afgespoel het.

Skuimbolle het alreeds die Dinsdag op die rivier gedryf en die stank van rou riool het swaar in die die lug gehang.

“Jy kon nie eens die water sien nie,” het Johan Steinberg, een van die boere wat op die oewers van die Hennopsrivier in Erasmia bly, gesê. ‘n Dag later het honderde dooie visse in die rivier gedryf.

Steinberg se neef, Coert Steinberg, het sowat dertig visse uit sy die dam probeer red.

“Ons het al voorheen gevind dat rou riool in die rivier afkom, maar dit is die eerste keer dat die visse gevrek het,” het hy bygevoeg.

Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, het ondersoek gaan instel en watermonsters geneem sodat die water getoets kan word.

Teen druktyd was Kleynhans nie beskikbaar om sy bevindinge bekend te maak nie.

Die Hennopsrivier vloei deur Erasmia, ’n woongebied in die weste van Centurion en water uit die rivier word gekanaliseer na kleiner damme wat die twee neefs gebou het om vis aan te hou.

Steinberg het vertel dat hy onlangs sowat R30 000 se visse in sy damme losgelaat het.

Volgens hom word die visse gebruik vir toerisme doeleindes, omdat boerdery in die omgewing moeilik begin word het, juis vanweë die water wat so besoedel is.

“Ons het jare gelede opgehou om met groente te boer omdat ons nie die rivierwater kan gebruik vir besproeiing nie,” het Steinberg gesê.

Hulle plant lusern as voer vir hul beeste, die lusern het ook gevrek nadat die vuil water verlede week deur die rivier gestroom het.

“Wat ons baie bekommer, is as die beeste begin siek word van die besoedelde water. Ons het dan groot problem, omdat boere sowat R3 miljoen se beeste kan verloor.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button