Twee polisielede in hof vir diefstal en korrupsie
Twee polisielede verskyn vandag in hof op aanklagte van diefstal en korrupsie.

Elarduspark inwoner, Wiehan Fritz verskyn vandag saam met twee polisiebeamptes van Wonderboompoort-polisiestasie in die Pretoriase landdroshof, nadat hy hulle aangekla het van diefstal en korrupsie. Die twee beamptes, ‘n konstabel en leerlingkonstabel het glo op 11 Oktober, R7 000 uit Fritz se bankrekening onttrek nadat hulle hom glo in Franzinastraat in die Moot begin teister het.
Volgens mediaberigte het Fritz die polisiebemaptes probeer ontwyk en na die middestad gejaag, waar hy van die pad getrek en uit sy bakkie geklim het.
Volgens Fritz het die beamptes hom toe geskop en geslaan en persoonlike ietems, insluitend sy beursie uit sy bakkie gesteel. Fritz is toe glo in die polisievangwa gelaai en na die Wonderboompoort-polisiekantoor geneem. Hy het skynbaar SMSe ontvang dat geld uit sy rekening onttrek is.
Fritz se pa, Fanie, is gekontak om sy seun te kom haal. Fritz het later ook gevind dat ‘n R2 000 uit sy bakkie vermis is. Hy het toe besluit om die twee beamptes aan te kla. Die konstabels is gister gearresteer.
