CrimeLocal newsNews
Hofsaak vir beskuldigde skooldogters uitgestel
Twee meisies van Hoërskool Overkruin het vandag in die Pretoria-Noord-landdrofshof verskyn op aanklagte van aanranding op 'n medeleerling. Die saak is egter na Donderdag uitgestel.

Die hofsaak waarin drie skooldogters van Hoërskool Overkruin betrokke is, is na Donderdag uitgestel.
Sinoville-polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke, het gesê die twee beskuldigdes het Woensdag in die Pretoria-Noord landdroshof verskyn. Von Benecke kon nie bevestig of die twee beskuldigdes skuldig of onskuldig gepleit het nie.
Die kriminele klagtes teen die twee skoolmeisies volg nadat hulle ‘n mede-leerling, Rentia van Jaarsveld (15), na bewering verlede Donderdagoggend op die skoolgronde aangerand het. ‘n Video wat tydens die voorval geneem is, het gewys hoe Van Jaarsveld deur een van die beskuldigdes aanhoudend gestamp en geslaan is.
Lees ook:
Skoolleerlinge gaan in hof verskyn ná aanranding op
medeleerling
Bloederige aanrandings duur voort by skole
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
