CrimeLocal newsNews

Baba in asblik – ma op borgtog vrygelaat

Die ma wat vermoedelik verlede Dinsdag haar ses maande oue baba in 'n asblik in Sinoville weg gegooi het, is onlangs op borgtog vrygelaat.

Die ma van die sesmaande-oue baba wie se lyk in ‘n asblik verlede Dinsdag gevind was, is op borgtog vrygelaat.

Die vrou, wat vermoedelik haar pasgebore baba in ‘n asblik in Sinoville weggegooi het en ‘n saak van verberging van ‘n geboorte in die oë staar, is onlangs in die Pretoria-Noord landdroshof op borgtog vrygelaat.

Volgens Sinoville-polisie woordvoerder, Mirna von Benecke, was die lyk van die baba Dinsdagoggend deur ‘n man, wat in die asblik gegrou het, ontdek.

Die onbekende man het die eienaar van die huis waar die asblik gestaan het, in kennis gestel wat dadelik die polisie geskakel het.

Von Benecke het bevestig dat die verdagte ‘n inwoon huishulp van die familie is en dat sy gearresteer is.

Sy het verduidelik dat die familie, wat weens die sensitiwteit van die saak anoniem wil bly, geskok en getraumatiseerd is oor die bevinding.

Teen druktyd was die nuwe hofdatum vir die beskuldigde nie beskikbaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button