CrimeNews

Wees bedag op vrou wat inwoners besteel

'n Vrou is na bewering besig om in Pretoria Wes mense uit hulle geld uit te bedrieg deur allerhande leuens.

Die vrou wat glo geld uit liggelowige inwoners van Pretoria Wes kry deur hartseer stories te vertel, belowe dat sy die geld sal terugbetaal en ook feite oor vriende en familie van haar slagoffers ken, is na bewering weer besig met haar beweerde bedrogspul.

Pensioenaris Kerrie Joubert en sy vrou is Maandag deur die bedrogspul van die vrou hul laaste R80 kwyt nadat sy beweer het dat haar man met haar beursie weggery het en dat sy het geld nodig om haar kinders by die skool in Pretoria Tuine te gaan haal.

Die vrou het die reën as verskoning gebruik om die pensioenarisse se laaste geld uit hulle te kry met die belofte dat sy dit onmiddelik sal terugebetaal as sy haar man in die hande kry.

“Sy het gesê dat sy woon op die hoek van die straat en sy moet haar kinders by die skool gaan haal, want hulle kan nie huis toe loop nie as gevolg van die reën,” het Joubert verduidelik.

Hy het verder gesê dat die vrou vir hul vertel het dat sy saam met haar ma op die hoek van die straat woon. Alles wat die vrou vir Joubert en sy vrou vertel het was leuens.

Rekord het onlangs oor ‘n vrou berig wat mense op dieselfde manier bedrieg het. Die vrou het haar beweerde skelmstreke in Booysens en Elandspoort bedryf en dit word nou vermoed dat sy haar opwagting in Pretoria-Wes gemaak het nadat sy vir ‘n rukkie laaggelê het.

“Hoe kan sy dit aan ons doen wanneer ons vir haar die laaste geld gegee het wat ons gehad het vir brood en melk. Dit is nog lank voor ons weer pensioengeld kry.”

Joubert en sy vrou is erg geskok oor wat die vrou gedoen het, want as pensioenarisse het hulle nooit gedink dat iemand wie hulle probeer help het, hulle so sou bedrieg nie.

“Mense moet bewus wees van die vrou en nooit geld vir iemand gee wat hulle nie ken nie,” het Joubert gewaarsku.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button