CrimeLocal newsNews

Rowers skiet vrou in kop na gewapende roof

Susan (47) Nel is Saterdagaand langs haar man in hul motor deur 'n groep rowers doodgeskiet.

‘n 47-Jarige vrou van The Reeds, in Centurion, is Saterdagaand langs haar man in hul motor deur ‘n groep gewapende rowers doodgeskiet.

Volgens ‘n familiewoordvoerder het Susan (47) en haar man Nico (51) na die Phillips-kafee op die hoek van Panaroma-en Yelande straat gegaan om hout vir die braai te koop.

“Nico en Susan het reeds hout gekoop en in hulle motor geklim en begin weg ry toe hulle die groep mans sien. Die mans het agter die voertuig begin aan hardloop.

“Een van die mans het daarin geslaag om tot langs die motor te hardloop voordat hy ‘n skoot deur die venster aan die bestuurderskant geskiet het. Die koeël het Nico gemis maar Susan in die agterkop getref.”

Nico het met Susan na die Rooihuiskraal mediese sentrum gejaag waarna sy per ambulans na die Sunninghill hospitaal geneem is.

Volgens Braam Kruger van die Emer-G-Med nooddienste is sy kort na aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Polisiewoordervoerder, konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het dié voorval bevestig.

Volgens hom het ses gewapende mans omstreeks 18:39 die winkel binne gestorm. Een van die mans het oor die toonbank gespring en  ‘n onbekende bedrag geld geroof.

“Nadat die gewapende  mans die winkel geroof het, is hulle by die winkel uit waar hulle ‘n vrou in die parkeerterrein noodlottig gewond het. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.  Die polisie is besig om die saak te ondersoek..”

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie. Susan laat haar man, Nico en twee dogters, Sannchen (23) en Mardi (20) agter.

“Die familie is stukkend en nog lam van skok. Hulle was tot laat gisteraand by die hospitaal,” het die familiewoordvoerder Sondag aan Rekord gesê.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button