CrimeNews

Geliefde papegaai glo wreed vermoor

'n Vrou van Die Hoewes is oorval met hartseer nadat 'n loseerder vermoedelik haar troeteldier koudbloedig vermoor het, en spoorloos verdwyn het.

‘n Vrou van Centurion is geskok en hartseer nadat sy haar geliefde Afrika gryspapegaai dood gevind het. Sy nek is glo omgedraai en sy pote gebreek.

Tillie Kloppers van Die Hoewes vermoed dat ‘n vorige huurder, verlede Maandag haar troetel rooistert, Stoffel, vermoor het.

Kloppers het die middag van die werk af tuis gekom en op die grusame oorblyfsel van Stoffel afgekom.

“Ek was geskok toe ek vir Stoffel dood vind.”

Sy het verduidelik dat die verdagte Stoffel se nek omgedraai het, hom met ‘n borsel aanhoudend geslaan het, die dooie voël oor die draad gegooi het, sy poot afgebreek en in ‘n baadjie se sak in haar klerekas gesit.

Sy het beweer dat dié huurder glo skielik na die voorval spoorloos verdwyn het.

Kloppers het vertel dat sy vorige tekens van geweld by die huurder opgemerk het en dat sy vas glo dat hy tot so ‘n gruwelike daad in staat is.

Sy het vertel dat sy vir Stoffel, wat sy vir agt jaar gehad het, ongelooflik baie gaan mis omdat hy soos ‘n kind was vir haar.

“Ek gaan vir Stoffel baie mis. Ek hoor sy stemmetjie nog steeds. Hy het my altyd geroep as mammie.”

Sy het ‘n saak by die polisie geopen wat tans steeds ondersoek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button