Local newsMunicipalNews

Bouval nou woonplek vir plakkers

Inwoners in Monumentpark is boos oor plakkende bure.

Monumentpark inwoners naby aan Lion- en Fisantstraat is besig om keelvol te raak vir hul bure in ‘n bouvallige huis in dié spog woonbuurt.

Volgens inwoners is die huis sowat drie maande gelede gedeeltelik gesloop, maar plakkers bly steeds in die murasie. In die aande kan die rook van oop vure geruik word en die kommer word nou meer ernstig nadat dit aan die lig gekom het dat water- en riooldienste na die verwaarloosde eiendom opgeskort is.

“Ons is bang vir ‘n gesondheidsprobleem wat hier kan uitbreek. Die mense bly in haglike toestande. Dit is nie veilig vir hulle of vir die res van ons nie,” het Martie Kruger, wie se eiendom grens aan die bouval, aan Rekord gese.

“Daar is ‘n ernstige plakkersprobleem in Monumentpark en inwoners wat van die duurste belastings in die stad betaal, word benadeel. Hier het ons weer eens ‘n geval van die Tshwane-metro wat eenvoudig kan optree teen die eienaar van die eiendom deur slegs die bywette toe te pas. Tog word die saak eenvoudig gelos vir inwoners om te aanvaar,” het raadslid Bronwyn Engelbrecht aan Rekord gese.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button