CrimeLocal newsNews

Vrou glo vir ‘n bottel whisky vermoor

'n Vrou is glo Saterdagaand vir 'n bottel whisky in Moutain View vermoor.

‘n 37-Jarige vrou is Saterdagaand glo  deur ‘n groep mans vir ‘n bottel whisky in ‘n drankwinkel in Mountain View vermoor.

Volgens polisie woordvoerder, Kaptein Louise Reed-Steynberg was die vrou en haar broer, wat glo daar werk, besig om die winkel te sluit Saterdagaand.

“Die broer het glo na die Spar naby die drankwinkel geloop om kos te koop terwyl die vrou in die drankwinkel agter gebly het. Drie mans het die winkel binnegaan. Een van die drie het by die deur wag gehou. Die ander twee mans het die vrou glo oorval en geslaan voordat twee van hulle met een bottel whisky gevlug het.”

Die derde man wat glo by die deur wag gehou, het op die toneel agter gebly.

Dit is nog nie seker of die vrou met ‘n voorwerp geslaan is nie. Die vrou het glo verbete probeer terug baklei.

Die vrou se broer het haar in ‘n plas bloed op die vloer aangetref.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het die voorval omstreeks 20:00 plaasgevind.

“Ons het die vrou in ‘n plas bloed gevind. Sy is op die toneel dood verklaar. Dit wil voorkom asof sy met ‘n voorwerp in die gesig en op die kop geslaan is.”

Steynberg het gesê die man wat glo wag gehou het by die deur, is op die toneel in hegtenis geneem.

“Polisie het kort na die voorval nog een van die mans gekry waar hy by ‘n laerskool probeer weg kruip het. Die derde man is steeds soek. Sy identiteit is wel bekend aan die polisie. ‘n Sak van een van die mans is gekry, met een bottel whisky, wat glo by die drankwinkel gevat is.”

Polisie ondersoek ‘n saak van moord en die twee mans, 23 en 24, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button